Please note that UPSpace will be offline from 20:00 on 9 May to 06:00 on 10 May (SAST) due to maintenance. We apologise for any inconvenience caused by this.
 

Hymni Christiani

dc.contributor.authorBarkhuizen, J.H., 1940-
dc.contributor.editorVan Aarde, A.G. (Andries G.)
dc.date.accessioned2015-09-28T07:36:12Z
dc.date.available2015-09-28T07:36:12Z
dc.date.issued1989
dc.description.abstractIn 1985 bet die redakteur van bierdie studie 'n werk gepubliseer onder die titel Cannen Christianum, wat 'n inleiding en Griekse tekste met vertalings bevat het, en suiwer as proefuitgawe gedien het vir 'n Iatere, vollediger werk oor die vroee kerklied. Deur die goedgunstige medewerking van verskillende geleerdes word die latere werk nou onder die titel HYMNI CHRISTIANI gepubliseer, en dit wei in die nuutaangekondigde Supplementum reeks van die Hervormde Teologiese Studies. Die skrywers wil derhalwe hul dank uitspreek dat hierdie studie in die reeks opgeneem kan word, veral omdat die HTS as teologiese tydskrif van hoogstaande gehalte gereken word. Hierdie studie het ten doel om die Ieser 'n blik te gee op 'n verteenwoordigende seleksie van 'n belangrike deel van die vroeg-Christelike letterkunde, te wete die Griekse kerklied van die eerste vyf eeue. Die bimnografiese aktiwiteit van die vroee kerk is van liturgiese, dogmatiese en literere belang: 1. Liturgies - want die kerklied het as vreugdevolle antwoord van die Cbristelike gemeenskap op God se heilsdaad in Jesus Christus van die begin af 'n essensiele plek in die liturgie ingeneem. 2. Dogmaties - omdat hierdie antwoord terselfdertyd die uitdrukking vervat het van die kerk se teologiese en dogmatiese besinning oor hierdie heilsdaad van God in Christus. 3. Literer - want die kerklied het mettertyd ook ontwikkel tot 'n literere vorm van poetiese kwaliteit. Wat die vorm betref bestaan die studie uit: 1. 'n Inleiding oor die ontstaan en ontwikkeling, die wese en die formele bou van die kerklied. 2. Dit word gevolg deur 'n analise van 21 liedere in die volgende vorm: Die Griekse teks (met 'n vertaling in die geval van die na-Nuwe Testamentiese liedere) word gevolg deur 'n kommentaar, waarin aandag gegee word aan die agtergrond, struktuur en interpretasie van elke lied, met klem op die literere en religieuse perspektief van die betrokke lied, terwyl aan die einde van die inleiding en van elke lied 'n geselekteerde bibliografie aangebied word vir verdere studie. Gesien die feit dat tien geleerdes uit verskillende akademiese instellings aan hierdie studie meegewerk het, is dit slegs natuurlik dat daar verskil in styl sal bestaan te midde van die formele ooreenkoms soos hierbo uitgestippel. Dit is ewe eens vanselfsprekend dat elke skrywer instaan vir die menings uitgespreek in sy afsonderlike studie. Daar word nietemin die hoop uitgespreek dat hierdie werk die belangstelling sal aanwakker in 'n tekssoort waarin die aanbidding van die vroee kerk, sy dogmatiese besinning en sy literere kunssinnigheid 'n harmonieuse eenheid gevind het. En alhoewel die studie primer ingestel is op die kenner van Hellenistiese Grieks, sal die vertalings asook veel van die kommentaargedeeltes wel ook die Ieser wat Grieks nie magtig is nie, tot hulp wees.en_ZA
dc.description.librarianhb2015en_ZA
dc.identifier.citationBarkhuizen, JH 1989, 'Hymni Christiani', Hervormde Teologiese Studies, Supplementum 1, pp. 1-198.en_ZA
dc.identifier.isbn0-620-14608-7
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/50050
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherTydskrifafdeling, Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrikaen_ZA
dc.relation.ispartofseriesHervormde Teologiese Studies, Supplementum 1en_ZA
dc.rights© 1989 Uitgegee deur die Tydskrifafdeling van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika met die ondersteuning van die Universiteit van Pretoria en die Buro vir Wetenskaplike Publikasies by die Stigting vir Onderwys, Wetenskap en Tegnologie.en_ZA
dc.subjectNuwe-Testamentiese himnesen_ZA
dc.subjectVroeg-Christelike himnesen_ZA
dc.subjectHimnes in klassieke metraen_ZA
dc.subjectHimnes in ritmiese metraen_ZA
dc.titleHymni Christianien_ZA
dc.typeBooken_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Barkhuizen_Hymni_1989.pdf
Size:
7.24 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Book

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description:

Collections