Abuse of process : its place in the criminal justice system, and remedy or remedies?
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Die doel van hierdie aantekening is om ondersoek in the stel hoe die leerstuk van misbruik van proses in die bestaande Suid-Afrikaanse strafregstelsel inpas. Dit bespreek ook of opskorting van die vervolging steeds die enigste remedie in die strafregtelike verband is. Daar word aangevoer dat die leerstuk uitdruklik deur artikel 173 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 getroef is. Daar word ook aangedui dat die beskerming van die Handves van Menseregt nie absoluut is nie en dat die beskerming van die leerstuk nie in artikels 12, 34 , of 35(3) van die Handves vasgele word nie. Die leerstuk bied nie beskerming waar die optrede van die Staat onregverdig is nie, maar waar daar wyer kommer oor die behoorlikheid van die strafverrigtinge is. Daar word daarop gewys dat die opskorting van die verrigtinge reed vir 'n geruime tyd nie meer die enigste remedie vir die misbruik van die proses is nie. In hierdie aantekening voer ek aan dat te veel tipes gedrag losweg as misbruik beskou word, en dat die hoer howe in hulle uitvoering van hulle inherente mag om sake te bestuur, die grense van die leerstuk oorskry het. Daar word ook aangevoer dat daar te maklik versoek word dat die verhoor nie moet plaasvind nie, of gestop moet word.
Description
Keywords
Abuse of process, Misbruik van proses, Criminal justice system, Strafregstelsel
Sustainable Development Goals
SDG-16: Peace, justice and strong institutions
Citation
De Villiers, W.P. 2025, 'Abuse of process: its place in the criminal justice system, and remedy or remedies?', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 88, no. 4, pp. 540-546.
