Algemene kerkgeskiedenis - 'n inleiding tot die Nederlandse kerkgeskiedenis van die beginjare tot 1795

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Pont, A.D. (Adriaan Drost), 1927-

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Tydskrifafdeling van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Abstract

Die geskiedenis van die kerk in Nederland, al is dit net oorsigtelik, bly belangrik vir die verstaan van die geskiedenis van die kerk in Suid-Afrika. In 'n sekere sin is dit vanselfsprekend, want van 1652 tot 1795 is die Kaapkolonie 'n wingewes van die Nederlandse Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Die Kompanjie wat as owerheid in sy kolonies opgetree het, het gedurende sy besetting van die Kaap geen ander kerk in die Kaap toegelaat nie as die publieke kerk van Nederland wat van sy Rooms-Katolieke geloof gesuiwer is. Dit het beteken dat vir die eerste byna 150 jaar die historiese gebeure en teologiese ontwikkeling in Europa hoofsaaklik deur 'n Nederlandse tregter na Suid-Afrika kom. Omdat die kerk in die Kaapkolonie heeltemal verbind is aan die Kompanjie, word die verskuiwings in die Europese dinkwereld hoofsaaklik na die Kaap oorgedra deur aankomende predikante, amptenare en derglike meer. Dit het beteken dat ook nie alles wat in Nederland kerk en wereld beroer het, na die Kaap deurgewerk het nie.

Description

Keywords

Vestiging van die Hervormde Kerk, Hervormde Kerk in n hervormde staat, Sinode van Dordrecht (1618-1619), Remonstrante, Besluite van die sinode ten opsigte van binne-kerklike sake, Hervormde Kerk na die sinode van Dordrecht, Hervormde Kerk in die agtiende eeu, Nuwe Psalmberyming van 1775, Politieke omwenteling, Geskiedenis van die kerk, Begin jare, Kerkhervorming, Calvinisme, Joh Coccojus(1603-1669), Supra-naturalisme

Sustainable Development Goals

Citation

Pont, AD 1994, 'Algemene kerkgeskiedenis - 'n Inleiding tot die Nederlandse kerkgeskiedenis van die beginjare tot 1795', Hervormde Teologiese Studies, Supplementum 6, pp. 1-207.

Collections