Please note that UPSpace will be offline from 20:00 on 9 May to 06:00 on 10 May (SAST) due to maintenance. We apologise for any inconvenience caused by this.
 

The apportionment of legal costs in South Africa : a comparative analysis

dc.contributor.authorBekker, Thino
dc.date.accessioned2023-11-23T04:43:49Z
dc.date.available2023-11-23T04:43:49Z
dc.date.issued2022
dc.description.abstractEen van die grootste hindernisse wat toegang tot die reg in siviele sake, soos gewaarborg in artikel 34 van die Suid-Afrikaanse grondwet, belemmer, is die toekenning van astronomiese regskoste aan die einde van 'n regsgeding. Daar is twee fundamentele reëls wat van toepassing is wanneer 'n hof 'n kostebevel toestaan aan die einde van regsverrigtinge in Suid-Afrika. Die eerste basiese reël bepaal dat die toekenning van regskoste in die diskresie van die hof is. Die tweede algemene reël bepaal dat koste die uitkoms volg, met ander woorde, koste word toegeken aan die suksesvolle party (die sogenaamde Engelse model). Daar kan slegs van hierdie algemene reël afgewyk word waar daar goeie gronde of spesiale omstandighede teenwoordig is wat die toekenning van 'n alternatiewe kostebevel regverdig. Hierdie wye diskresie gee egter aanleiding tot sekere problematiese aspekte in gevalle waar beide partye 'n sekere mate van sukses behaal. In hierdie artikel word die reël dat koste in die algemeen die uitkoms volg in die afwesigheid van spesiale omstandighede, krities bespreek. Daar word aangevoer dat, alhoewel die toekenning van koste in die algehele diskresie van die voorsittende beampte is, die algemene reël dat koste die uitkoms volg, in die meeste gevalle slaafs nagevolg word, selfs waar daar 'n werklike dispuut tussen die partye bestaan. Daar word aangetoon dat daar verskillende benaderings deur ons howe gevolg word by die toekenning van kostebevele wat regsonsekerheid tot gevolg het en wat dit moeilik maak vir 'n party om te besluit of dit die moeite werd is om regsverrigtinge in te stel of te verdedig. Daar word derhalwe aanbeveel dat die algemene reël behou moet word, maar dat die howe se diskresie vernou moet word en dat sekere voorafbepaalde faktore in aanmerking geneem moet word by die toekenning van 'n kostebevel, wat billik is teenoor al die partye. Die algemene reël behoort ook gewysig te word om voorsiening te maak vir die verdeling van regskoste waar beide partye 'n mate van sukses behaal het tydens die verhoor. Die regsposisie in België, Duitsland, Nederland en Engeland en Wallis word krities bespreek en daar word aanbeveel dat sekere bepalings van hierdie buitelandse regstelsels met vrug in Suid-Afrika geïmplementeer kan word.en_US
dc.description.departmentProcedural Lawen_US
dc.description.departmentProcedural Lawen_US
dc.description.librarianhj2023en_US
dc.description.sdgSDG-16:Peace,justice and strong institutionsen_US
dc.description.urihttps://journals.co.za/content/journal/jlc_tsaren_US
dc.identifier.citationBekker, T. 2022, 'The apportionment of legal costs in South Africa: a comparative analysis', Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, vol. 2022, part 3, pp. 457-476, doi : 10.47348/TSAR/2022/i3a3.en_US
dc.identifier.issn0257-7747 (print)
dc.identifier.issn1996-2207 (online)
dc.identifier.other10.47348/TSAR/2022/i3a3
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/93404
dc.language.isoenen_US
dc.publisherJuta Law Journalsen_US
dc.rights© Juta and Company (Pty) Ltd.en_US
dc.subjectRegskostesen_US
dc.subjectLegal costsen_US
dc.subjectVerdelingen_US
dc.subjectApportionmenten_US
dc.subjectSouth Africa (SA)en_US
dc.subjectSuid-Afrika (SA)en_US
dc.subjectSDG-16: Peace, justice and strong institutionsen_US
dc.titleThe apportionment of legal costs in South Africa : a comparative analysisen_US
dc.title.alternativeVerdeling van regskostes in Suid-Afrika – 'n regsvergelykende analiseen_US
dc.typeArticleen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Bekker_Apportionment_2022.pdf
Size:
165.14 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: